Pro Arte background

New Applicants

Register yourself now for a great 2010 and beyond!

Need more info?

Leave your details and we will get back to you with more information about our school.

Name:
Email:


Your message or question:

News

Tshwane Jeug Kunstefees

Die vyftienjarige Adriaan Marais, Graad 10 Dansleerder van Pro Arte Alphen Park , het ‘n produksie, getiteld Circus, op die been gebring om by die komende Tshwane Jeug Kunstefees in te skryf, en hulle het die oudisie op 26 Mei vir die Tshwane Jeug Kunstefees met vlieënde vaandels geslaag. Adriaan het sy Fusion Dansgroep uitgebrei om ook kinders wat op een of ander manier swaarkry te akkommodeer. Sy doelwit is om vir die kinders te leer om in hulleself te glo, ongeag van omstandighede; om selfrespek en respek vir ander te hê en om te kommunikeer.

Adriaan doen self die groep se choreografie en hulle oefen smiddae, saans en naweke.

Dit was Adriaan se droom, sedert Graad 6, om ‘n professionele choreograaf te word. Adriaan sê: “Mary-Lou Cassell, tans die Hoof Uitvoerende Beampte van die Tshwane Jeug Kunstefees, het my droom geïnspireer en my skool, Pro Arte Alphen Park, help my om die droom te verwesenlik.” Hy het vroeg reeds sy staal gewys deur in die laerskool uit te blink in rugby en dans en hy was ook onderhoofseun van die Laerskool Saamspan.

Sedert Graad 8 In Pro Arte Alphen Park, het Adriaan sy Spaanse Danseksamens met onderskeiding geslaag. Hy het ook in die skool se staatsteater produksie, Absolute Dance, een van die hoofrolle in die La Sylphide balletuitvoering gedans. Adriaan is altyd onder die akademiese top 10 groep in sy graad.

Tydens 2008 se Tshwane Youth Festival in die Staatsteater het Adriaan die Step Two & Three dansgroep se choreografie behartig. Na afloop daarvan is die toe veertienjarige uitblinker deur verskeie skole genader om met choreograrafie vir hul revues te help.

Vir meer besonderhede of om tot Adriaan se Circus produksie by te dra, kontak mev Margaret Marias by 074 180 0249. (Foto: Adriaan Marais en Angelique Allison tydens ‘n fondsinsamelingskonsert vir Circus.)